gia vang hom nay , seo uy tin , bao ve viet nam , cong ty bao ve viet nam , dich vu bao ve viet nam , thoi trang viet nam , thoi trang viet nam , tin tuc moi viet nam , tin moi viet nam , chia se mon ngon , phim viet nam , ung dung game , tin giai tri , tin cong nghe , khach san da lat , anh showbiz , my pham trang da , bao da ipad , op lung iphone , bao ipad , tap chi sao , kem duong da , may tinh bang , samsung , dien thoai sky , iphone , smartphone gia re , phim club , bao cong nghe , ipad , iphone 5s , thoi trang , Game Mobile , game mobile , meo vat , me va be , OpenCart Themes , flash card

header image
 

Boodskap van Prinsipaal

DSC_1357

 

 

“Oorwinning kom selde deur glorieryke optrede. Dit kom meestal deur bloot aan en aan te hou. Een tree na die ander” …. George Matheson.

 

Aan die einde van die akademiese jaar van 2016 word die wysheid van bogenoemde aanhaling weereens onderskryf. Ons kan met trots en dankbaarheid terugkyk op ‘n jaar van vele suksesse en hoogtes wat bereik is deur harde werk en ure se toewyding. Ons leerders beskik oor ‘n wye verskeidenheid van talente en hul ontvang elkeen vanaand ‘n beloning vir verdienstelike werk gelewer.

 

Gepaardgaande hiermee besing ons ‘n loflied van dank teenoor ons Hemelse Vader, wat ons almal met die krag geseën het, sodat hierdie krone vanaand in ontvangs geneem kan word, vir al die suksesse wat op vele terreine behaal is.

 

Ek wil elke trotse ouer en kind van harte gelukwens met die pragtige prestasies en ek wil die hoop uitspreek dat vanjaar se suksesse die dryfkrag van môre sal wees om tot verdere hoogtes uit te styg.

 

Ons personeel ondersteun en koester elke leerder om te presteer na die beste van hul vermoëns. Dit is ons uitgangspunt om elke leerder toe te rus vir die toekoms en te lei na sukses. Daarvoor verdien die personeel van Welkom Volkskool voorwaar ‘n klop op die skouer!

 

Vir elkeen hier teenwoordig vanaand, is dit ‘n geleentheid van hoogtepunte, trots en blydskap. Ons dank ons Hemelse Vader vir ‘n geseënde jaar en ons bly nederig met die wete, dat Hy oor alle suksesse heers.

 

Ek sluit af met Henry van Dylze se woorde: Gebruik die talent wat jy het, al voel jy dit is maar klein. Die woud sou baie stil gewees het as net daardie voëls sou sing wat die mooiste stemme het”.