gia vang hom nay , seo uy tin , bao ve viet nam , cong ty bao ve viet nam , dich vu bao ve viet nam , thoi trang viet nam , thoi trang viet nam , tin tuc moi viet nam , tin moi viet nam , chia se mon ngon , phim viet nam , ung dung game , tin giai tri , tin cong nghe , khach san da lat , anh showbiz , my pham trang da , bao da ipad , op lung iphone , bao ipad , tap chi sao , kem duong da , may tinh bang , samsung , dien thoai sky , iphone , smartphone gia re , phim club , bao cong nghe , ipad , iphone 5s , thoi trang , Game Mobile , game mobile , meo vat , me va be , OpenCart Themes , flash card

header image
 

Hokkie

 

dav

Megan Wepener van Welkom Volkskool laat ons Volkieharte warm klop. Megan is opgeneem in die Noord Vrystaat 0/13 A hokkiespan. Hierdie span gaan gedurende die Junie-Julie vakansie aan die Interprovinsiale toernooi deelneem. Megan het weereens bewys dat harde werk, vrugte pluk.

dav

Hokkie vloei deur hul are.

Hierdie meisies laat ons Volkieharte behoorlik warm klop. Hulle is opgeneem in die Noord Vrystaat 0/13B Hokkiespan. Hulle gaan gedurende die Junie-Julie vakansie wys waarvan die Volkies gemaak is.

Voor vlnr: Jeané Venter en Kay-Lee Hall

Agter vlnr: Danika Smith, Zelda Ferreira en Tamryn Swartz.

dav

Hokkie Bokkies van formaat.

Hierdie vier dogters is opgeneem in die 0/12 Noord Vrystaat Hokkiespan. Nie net deur die liefde vir die sport nie, maar ook deur harde werk en deursettingsvermoë toon dat hierdie meisies verdien om in die span te wees.

VLNR: Tyla Wasmȕth, Mienke Nieuwenhuis, Franzel de Jong hen Levi Oehley.

dav

Die volgende meisies is ingesluit in die onderskeie 0/12 en 0/13 Lejweleputswa hokkiespanne wat op 4 en 5 Mei aan die Noord Vrystaat proewe gaan deelneem.

Voor: Megan Wepener, Jené Venter, Tha-Mari Meiring en Kay-Lee Hall.

Agter: Levi Oehley, Mienke Nieuwenhuis, Danika Smith, Tyla Wasmȕth, Tamryn Swartz en Franzel de Jongh.

2018

HokkieOns as Volkies is baie trots op ons 0/13A hokkiespan. Hierdie groep dogters het voorwaar uitsonderlike talent vir hokkie. Tydens die Welkom Volkskool hokkiedag is hulle aangewys as die algehele wenners. Hierdie span word met trots geborg deur Indiana Spur Welkom. Baie dankie aan Goudveld Hoërskool vir die besonderse geskenkpakkies.

Tellings vir die dag:

Teen Aurora 0-0 (gelyk)

Teen Koppie Alleen 9-0 (wen)

Teen Merriespruit 3-0 (wen-finaal)

Voor:     Tamryn Swartz

Middel vlnr: Kristen Weyers (Onderkaptein); Minke van Wyk (Kaptein) en Franzel de Jongh.

Agter vlnr: Mej. Lené Boshoff (Afrigter); Kay-lee Hall; Charmaine Coetzee; Clarise Kluin; Ashley du Toit; Mienke Nieuwenhuis; Megan Wepener; Danika Smit; Mej. Marisa Steyn (Afrigter) en Levi Oehley.

 

HOkkie 1

Tydens Welkom Volkskool se jaarlikse hokkiedag wat op 12 Augustus 2017 plaasgevind het, het ons Volkies se 0/8 spannetjie uitsonderlik goed presteer. Hierdie Hokkie bokkies het hokkie van uitstaande gehalte gespeel en dus is hulle aangewys as die wenners vir die dag. Hierdie groep dogters is voorwaar ‘n groepie wat in die nabye toekoms dopgehou moet word.

Voor vlnr: McKenzie Truter; Vené Steyn; Lin-Marie Kruger en Megan Koen.

Middel vlnr: Michelle Koen; Sonnica v.d. Berg; Tenieke v. Aswegen; Cameron Kotze; Lenelldi Minnie; en Vanessa Wasyliszyn

Agter: Mej. Annelie Alers (Afrigter); Surina Bezuidenhout; Chrisandi Leppan.

Hokkie 2

Nog so klein, maar tog so groot hart. Hierdie 0/7 hokkiespan van Welkom Volkskool is absoluut gereed vir die slagveld. Hulle het koning gekraai tydens ‘n jaarlikse hokkietoernooi wat by Welkom Volkskool aangebied word. Die spannetjie is bang vir niks en toon elke wedstryd wat in hulle steek.

Voor vlnr: Janeke v. Aswegen; Janke Coetzee; Marizaan Combrink; Audrey Hodgson; Elmé Pienaar; Suné Nel en Nia J.v.Rensburg.

Agter vlnr: Mej. Christine de Jager en Mej. Nell-Mari Mahne (Afrigters)

Hokkie 3

Welkom Volkskool se 0/12A hokkiespan is ‘n span wat gerus dopgehou moet word. Hierdie groep meisies speel hokkie van hoë gehalte en het dus as kampioene van die veld af gestap tydens Welkom Volkskool se jaarlikse hokkiedag. Ons wil graag dankie sê aan Welkom Gimnasium en Goudveld Hoërskool vir hulle insette gedurende ons Hokkiedag.

Voor: Tyla Wasmȕth.

Middel vlnr: Jeané Venter; Tha-Mari Meiring; Kiana van Vuuren; Germoneese v. Schalkwyk; Zani Maree; Kaylie Halgreen en Amy Healey.

Agter vlnr: Ashley Wasyliszyn; Ilke de Klerk; Britney Wasyliszyn; Luané Pienaar; Mej. Chamoné Koekemoer (Afrigter) en Megan v.d. Walt.

IMG_20170606_111325

Welkom Volkskool se hokkie bokkies het weereens gewys waarvan hulle gemaak is. Hierdie meisies het met hart en siel op die hokkieveld geklim, hulle harte uitgespeel en daarom kan hulle met trots sê hulle is deel van die 0/12 Lejweleputswa hokkiespan. Hierdie meisies oefen tans hard om gedurende Augustus ‘n sukses van hulle toer na Vanderbijlpark te maak.

Hulle is van links na regs:     Danika Smith, Mienke Nieuwenhuis, Jeané Venter en Megan Wepener.

Ons as Volkies is baie trots oop hierdie passievolle meisies.

 

IMG_20170606_111120

Hokkie vloei deur hulle are. Hierdie twee meisies van Welkom Volkskool weet presies waartoe hulle in staat is op die hokkieveld en daarom juis het hulle, hulle kanse ten volle benut en die keurders se harte warm laat klop. Levi Oehley en Kaylee Hall is opgeneem in die Noord-Vrystaat 0/12 hokkiespan wat gedurende die Junie-Julie skoolvakansie aan die Interprovinsiale hokkietoernooi te Krugersdorp gaan deelneem. Ons Volkies is baie trots op hierdie twee jong dames.