Ons Kultuur
Oorsig van ons kultuuraktiwiteite
Koor
Ons koor oefen elke Dinsdagmiddag van 14:15–15:00. ’n Register word bygehou en die koor funksioneer deur al vier kwartale. Hulle neem jaarliks deel aan feeste soos die Goudveld Kunstefees en die Wintermark. Ons is trots op ons 94 koorlede, wat die Junior- en Senior-koor insluit.
Eskom Ekspo vir Jong Wetenskaplikes
Die Eskom Ekspo is Suid-Afrika se voorste wetenskapskou waar jong wetenskaplikes hul projekte en idees ten toon stel. By die Streekkompetisie in Welkom het drie van ons leerders uitstekend presteer:
🥈 Eli du Plessis (Graad 4) – Silwer diploma
🥈 Mile’ Erasmus (Graad 4) – Silwer diploma
🥇 Leila Erasmus (Graad 7) – Goue diploma én kategorie-wenner
Ons is besonder trots op Leila, wat gekies is om aan die Internasionale Wetenskapskou (ISF) in Oktober in Johannesburg deel te neem.
Kuns en Drama
Welkom Volkskool het vanjaar ons eie kunskompetisie aangebied, waaraan leerders van ons en ander skole deelgeneem het. Ons neem ook met trots deel aan die Goudveld Hoërskool Taal- en Kunstefees, waar ons leerders hul kreatiewe talente in kuns en drama uitstal.
Landloop
Landloop is ’n hoogs entoesiastiese sport by ons skool. Oefeninge vind weekliks plaas en die Vrystaat-liga strek van kwartaal twee tot drie. Ons bied gereeld byeenkomste aan en leerders en personeel is op die Vrystaat-bestuur verteenwoordig.
Voortrekkers
Ons Voortrekkerkommando is die grootste in die Vrystaat met ’n totaal van 225 lede. Hulle vergader elke Dinsdagmiddag, neem deel aan verskeie uitstappies en geniet gereelde kampe vol avontuur en spanbou.