gia vang hom nay , seo uy tin , bao ve viet nam , cong ty bao ve viet nam , dich vu bao ve viet nam , thoi trang viet nam , thoi trang viet nam , tin tuc moi viet nam , tin moi viet nam , chia se mon ngon , phim viet nam , ung dung game , tin giai tri , tin cong nghe , khach san da lat , anh showbiz , my pham trang da , bao da ipad , op lung iphone , bao ipad , tap chi sao , kem duong da , may tinh bang , samsung , dien thoai sky , iphone , smartphone gia re , phim club , bao cong nghe , ipad , iphone 5s , thoi trang , Game Mobile , game mobile , meo vat , me va be , OpenCart Themes , flash card

header image
 

Netbal

cof

Hierdie vier dogters van Welkom Volkskool laat ons Volkieharte warm klop. Hierdie dogters is opgeneem in die verskeie 0/12 en 0/13 VRYSTAAT netbalspanne en gaan gedurende die Junie-Julie skoolvakansie aan die All Ages netbaltoernooi in Boksburg deelneem. Baie geluk ons is baie trots op julle.
VLNR: Mienke Nieuwenhuis (0/12), Ilke de Klerk (0/13), Nadia Myburgh (0/13) en Levi Oehley (0/12)

dav

Die volgende 0/13 netbaldogters is gekies vir die verkeie Netbal Sonespanne wat aan die Lejweleputswa Netbalproewe gaan deelneem.

Vlnr: Megan Wepener, Nadia Myburgh, Danika Smith, Ashley Wasyliszyn, Ilke de Klerk en Britney Wasyliszyn

Afwesig: Cay-lee Roets

dav

Die volgende 0/12 netbaldogters is gekies vir die verkeie Netbal Sonespanne wat aan die Lejweleputswa Netbalproewe gaan deelneem.

Voor: Kiana van Vuuren

Agter: Levi Oehley, Mienke Nieuwenhuis, Tyla Wasmȕth en Franzel de Jongh.

cof

Ons wil graag vir Welkom Indiana Spur dankie sê vir ons mooi Eerstespan netbalrokkies. Ons glo en vertrou dat hierdie seisoen ‘n goeie een sal wees en dat ons meisies julle sal trots maak.

2018

Welkom Volkskool se Netbaltrots!!

Netbal

Die 0/12 A netbalspan van Welkom Volkskool het al verskeie toernooie gewen gedurende hierdie jaar. Hulle het koning gekraai vroeër in die jaar tydens die Odensia Aandreeks. Op toer in Bloemfontein het hulle die ITEC en Laerskool Bloemfontein se netbaltoernooi gewen en nou gedurende die liga het hulle met Riebeeckstad, Aurora, Bedelia, Brandwag en Merriespruit afgereken. Tydens die Lejweleputswa uitspeelwedstryde het hulle met Dagbreek, Hoopstad en Virginia Volkskool afgereken en dus teen Merriespruit in die seme-finaal geseëvier om in die finaal teen Odensia te speel. Hulle het dit dus reg gekry om vir Odensia met vier doele te klop. Hierdie Lejweleputswa kampioene sal 16 en 17 Junie aan die Vrystaatbeker deelneem.

Voor:     Ashley Wasyliszyn en Megan Wepener

Agter:    Danika Smith, Cay-Lee Roets, Nadia Myburg, Mev. Suzette Louw (afrigter), Ilke de Klerk, Britney Wasyliszyn, Hailey Harker en Megan v.d. Walt

IMG_20170606_111135

Doele, doele en nog meer doele. Harde werk word beloon, dit is die gesegde waarin hieride twee netbalspeelsters van Welkom Volkskool glo. Minke van Wyk, wat as hulpdoel vir die 0/13 Vrystaatspan en Cay-Lee Roets wat as hoofdoel vir die 0/12 Vrystaatspan gekies is het deur en deur bewys dat harde werk, deursettingsvermoë en toegewydheid die sleutel to sukses is. Hierdie twee meisies gaan gedurende die Junie-Julie skoolvakansie ons Volkies se naam hoog hou by die “All Ages” netbaltoernooi te Boksburg.

 

 

IMG_20170606_111257Welkom Volkskool se netbaldogters laat nie op hulle wag nie. Na afloop van die eerste rondte proewe het ons elf dogters gehad wat deurgedring het na die Lejweleputswa proewe. Hierdie meisies het hard gewerk en hulle harte uitgespeel en daarom juis is hulle opgeneem in die verskeie Lejweleputswa netbalspanne.

Voor: 0/13 – Alicia Joubert, Marienette Maloney en Minke van Wyk.

Agter: 0/12 – Danika Smith, Ilke de Klerk, Britney Wasyliszyn, Nadia Myburgh en Cay-Lee Roets.

Beide die 0/12 en 0/13 spanne neem nog deel aan die liga uitspeelwedstryde end it is juis ‘n teken van harde werk en deursettingsvermoë. Ons as Volkies is trots op hierdie netbalspeelsters.

Odensia Aandreeks

 

DSC_0827

Die 0/12A Netbalspan van Welkom Volkskool het hulle goed van hulle taak gekwyt en tydens die Odensia Aandreeks as die A-Afdeling wenners uit die stryd getree. Ons is baie trots op hierdie span en hulle afrigters.