Ons Sport
Trots op ons sport
Sport by Welkom Volkskool
By Welkom Volkskool glo ons dat sport nie net prestasie bou nie, maar ook karakter, dissipline en waardes.
Ons streef daarna dat elke leerder sy of haar volle potensiaal ontdek en terselfdertyd vreugde in deelname vind.
Atletiek
Ons mikpunt is om elke leerder ten volle te ontwikkel en sy/haar potensiaal op die atletiekveld te ontsluit. Atletiek bou nie net selfvertroue en karakter nie, maar kweek ook Christelike waardes en beginsels. Jaarliks lewer ons talle Vrystaat-atlete en top presteerders by verskeie byeenkomste.
Rugby
Rugby vorm ’n belangrike deel van ons seuns se ontwikkeling. Meer as 150 leerders neem aktief deel – vanaf Bulletjie-rugby in Graad 1 tot by o/13-vlak. Ons skool neem met A- en B-spanne deel aan die Griffons-liga en speel gereeld toernooie en vriendskaplike wedstryde. Volkies word ook goed verteenwoordig in Griffons-spanne, deur beide spelers en afrigters.
Netbal
Netbal word van o/7 tot o/13 aangebied, met minstens twee spanne per ouderdomsgroep in die liga. Afrigters woon jaarliks kursusse by, terwyl skeidsregters opgelei en gegradeer word. Ons senior spanne toer gereeld gedurende die Maart-vakansie en groot name bied jaarliks klinieke by ons skool aan. Volkies lewer elke jaar Lejweleputswa- én Vrystaat-netbalspelers.
Landloop
Landloop is ’n hoogs entoesiastiese sport by ons skool. Oefeninge vind weekliks plaas en die Vrystaat-liga strek van kwartaal twee tot drie. Ons bied gereeld byeenkomste aan en leerders en personeel is op die Vrystaat-bestuur verteenwoordig.
Hokkie
Mini-hokkie: Word vanaf o/7 tot o/10 aangebied. Die dogters neem aan hokkiedae en ’n nie-amptelike liga deel.
Volveld hokkie: Graad 5 tot 7 dogters neem deel aan die Noord-Vrystaatliga en presteer gereeld as ligawenners. Ons spog jaarliks met streek- en provinsiale spelers en beskik oor passievolle afrigters van hoë gehalte.
Krieket
Volkies neem jaarliks aan die Lejweleputswa-liga deel en stel spanne van A tot C saam in verskeie ouderdomsgroepe (mini-krieket, o/9, o/11 en o/13). Ons beskik oor ’n uitstekende veld, oefennette en toerusting. Leerders verteenwoordig jaarliks Lejweleputswa en Vrystaat, terwyl ons afrigters ook op die hoogste vlak betrokke is.
Tennis
Tennis is een van die hoogtepunte op ons kalender. Ons skryf jaarliks sowat twintig spanne in vir die derde kwartaal se liga – vanaf Graad 1-spanne tot seniors. Volkies leerders is gereeld op die Lejweleputswa-, Noord-Vrystaat- en Vrystaat-ranglyste en ons senior spanne dring gereeld deur na die Noord-Vrystaat uitspele.
Skaak
Skaak word as ’n buitemuurse aktiwiteit aangebied vir juniors en seniors. Dit bevorder kreatiewe én logiese denke en verbeter konsentrasie. Ons spog gereeld met ligawenners in Lejweleputswa.
Buiteskoolverband
Elke leerder se talent tel. Ons gee erkenning aan Volkies wat buite die skool se strukture aan sportsoorte deelneem en ondersteun hulle prestasies met trots.