Ons Beheerliggaam
Hulle het VISIE vir Welkom Volkskool.
Dries Knoetze
Voorsitter
Hoekom wil u deel wees van Welkom Volkskool se Beheerliggaam?
Ek wil graag ‘n aktiewe rol speel in my kind se opvoeding. Ek wil graag help om moedertaalonderrig te beskerm en ook verseker dat my kind in ‘n waardegedrewe skool kan onderrig word.
Wat is u visie vir Welkom Volkskool?
Welkom Volkskool is reeds die beste laerskool in Welkom en ek wil verseker dat dit so bly.
Hoe kan u as 'n lid van die beheerligaam 'n verskil by Welkom Volkskool maak?
Ek kan ‘n aktiewe rol speel in verskeie regsaspekte in die skool opset.
Gerrit Cronje
Finansies & Ondervoorsitter
Hoekom wil u deel wees van Welkom Volkskool se Beheerliggaam?
Om as deel van die span die belange van Welkom Volkskool, sy personeel en leerders te dien.
Wat is u visie vir Welkom Volkskool?
Dat Welkom Volkskool voortbou op die huidige sukses en momentum wat bereik is. Dat die hoë standaard van opvoeding en ontwikkeling van ons kinders in uitdagende tye gehandhaaf word.
Hoe kan u as 'n lid van die beheerligaam 'n verskil by Welkom Volkskool maak?
Deur die wil om ‘n verskil te maak, en om as deel van die span bogenoemde vaardighede toe te pas in belang van die skool.
Hardus Deacon
Gebou & Terrein
Hoekom wil u deel wees van Welkom Volkskool se Beheerliggaam?
Ek het tans twee seuns in Welkom Volkskool, Henro (Graad 4) en Berno (Graad 2). Ek is ‘n trotse pa met ‘n groot passie vir sport en ons skool.
Wat is u visie vir Welkom Volkskool?
Welkom Volkskool moet die nommer een keuse vir jou as ouer wees. Waar jou kind gelukkig kan wees en hom- of haarself kan vind in ‘n wêreld van onsekerhede. Met goeie Christelike waardes en onderwysers wat die ekstra myl loop.
Hoe kan u as 'n lid van die beheerligaam 'n verskil by Welkom Volkskool maak?
Saam met die lede van die beheerliggaam sal ons graag ouers bymekaar wil bring om saam ‘n verskil te maak en probleemareas onder u aandag te bring. Planne uit te dink, om dit reg te stel en verbetering aan te bring vir die toekoms van Volkies.
Volkies het Guts, Guts, Guts.
Elsabe Du Plessis
Bemarking
Hoekom wil u deel wees van Welkom Volkskool se Beheerliggaam?
Ek is passievol oor ons skool en die kinders van ons skool. Ek sal altyd ‘n positiewe verskil wil maak, al is dit net met ‘n drukkie vir ‘n kind wat nie ‘n lekker dag gehad het nie. Dit is tog immers waaroor ons skool gaan – ONS kinders.
Wat is u visie vir Welkom Volkskool?
Ons skool het al soveel gegroei op verskeie gebiede in die afgelope tydperk – dit sal fantasties wees om net nog verder daarop te kan bou en te bly verbeter en vernuwe.
Ek sal graag die vlam wat in my hart vir ons skool brand met almal wil deel, veral met die kinders en so ook elkeen van hulle deelmaak van ons skool se bemarking, want hulle en elke liewe ouer en personeellid is daaglikse bemarking van wie en wat Welkom Volkskool is.
Om ons waardes wat reeds so mooi vir ons kinders uiteengesit is in hulle harte te plant sodat die saadjies daar kan GROEI en hulle eendag sal kan terugkyk en weet waar hulle wortel geskiet het en dat hulle hulle laerskool loopbaan te danke het aan die feit dat hulle die wêreld vierkantig in die oë kan kyk met ‘n stewige fondasie en daarom ordentlike volwassenes kan wees.
Hoe kan u as 'n lid van die beheerligaam 'n verskil by Welkom Volkskool maak?
My Volkie hart klop al vir 5-en-’n-bietjie jare wynrooi & ougoud en ons almal weet dat dit wat die hart van vol is, loop die mond van oor. Ek is ‘n trotse Volkie mamma en sal altyd daarvan getuig. Ek pak graag projekte met oorgawe aan en as ek nie weet hoe om iets te doen nie, leer ek of ek vind uit. Ek glo vas dat jy jouself moet bly verbeter en bemagtig met nuwe kennis en vaardighede.
Ek is al vir amper 5jaar deel van ons skool se ouerkomitee en dien tans as ondervoorsitter. Hier werk ons kliphard en pak jaarliks groot (en suksesvolle) projekte aan. Ek is nie bang vir harde werk nie – van wors braai tot pannekoek bak. Ek doen wat nodig is om die fondse in te samel. Die ouerkomitee is aan die begin van die jaar ‘n mengelmoes van vreemdelinge en ons stap dan jaarliks uit as vriendinne wat saam een doel voor oë het: Die beste vir ons skool. Hier leer ek ook jaarliks iets nuuts, groei ons saam en dit is vir my ‘n fees om deel van hierdie span formidabele mammas te wees.
Deur harde werk, kennis van bemarking en deur die mooi verhouding wat ek met ons gemeenskap se kleuterskole en dagsorge het, glo ek met my hele hart dat ek ‘n positiewe bydrae vir ons skool se bemarkings span kan wees.
Nadia Ferreira
Sport
Hoekom wil u deel wees van Welkom Volkskool se Beheerliggaam?
Die Beheerliggaam se primêre doel is goeie bestuur om sodoende kwaliteit opvoeding van leerders te verseker.
Ek was vanaf 2021 tot begin 2023 lid van Riebeeckstad Primêre Skool se Beheerliggaam. Die portefeulje wat ek beklee het was Dissipline, ek het ook adviseer ten opsigte van verwante beleide van die skool, dien as Voorsitter van die Dissiplinêre Komitee.
Ek ondersteun moedertaal onderrig en die algemene kultuur van die skool, dit sluit ook in dissipline, verantwoordbaarheid van leerders en onderwys personeel.
Wat is u visie vir Welkom Volkskool?
Ek ondersteun en volstaan by die skool se huidige visie en missie. Ek beklemtoon en ondersteun die skool se waardesisteem naamlik: regverdigheid, omgee, betroubaarheid, verantwoordelikheid, respek en eerlikheid.
Hoe kan u as 'n lid van die beheerligaam 'n verskil by Welkom Volkskool maak?
Die laerskool is die fondasie van die jeug se toekoms. Die verskil wat ek wil maak is om te verseker dat die skool en elke betrokke persoon, kind, onderwyser en ouer ń verskil kan maak deur ń sê te hê.